Skip to main content

Isaac Cloete

Drie verdagtes wat by die sogenaamde Krismismoord betrokke was, is onlangs gevonnis.

Die pa, Patrick “Perdjie” van Reenen (43) en sy seun, Tyron Rhoda (20) asook Vincenzo van Reenen (20) het tereg gestaan op die brutale en bloedige moord op William Saal (32) van Okiep.

Saal was waarskynlik op die verkeerde tyd op ‘n verkeerde plek, in Brickfieldstraat, toe hy onskuldig en geweldadig met sy lewe geboet het. Hy het nie rêrig die geweldenaars geken nie.

Volgens die staat het die voorval op die aand van 25 Desember, 2021 by die Okiep-begraafplaas in Brickfieldstraat gebeur.

Saal was eers katswink deur Patrick met ‘n klip in die gesig geslaan. Hierna het Tyron en Vincenzo hom herhaaldelik en koelbloedig met messe doodgesteek.

Die drie het ‘n pleitooreenkoms met die staat aangegaan. Dit het behels dat hulle aangekla en skuldig bevind gaan word. Patrick sou drie jaar direkte tronkstraf kry, opgeskort vir vyf jaar. Vincenzo en Tyron sou 15 jaar direkte tronkstraf kry volgens hierdie ooreenkoms.

Die hof moes hoor dat Tyron en Vincenzo op 12 Desember, 2021 by vriende drank gebruik het. Toe hulle drank op was, wou hulle nog gaan koop.Hulle het vir Patrick gaan soek wat het hulle later na sy huis vervoer het om geld te kry vir drank.

Hier het hulle toe vir Johan Curnow en nog ‘n man (later bekend as William Saal) in Brickfieldstraat gewaar. Omdat Patrick geglo het dat Curnow vroeër die dag by sy huis ingebreek het, het hy hom geroep. Curnow en Saal het egter weggehardloop.

Saal het hierna teruggekeer en weer in Brickfieldstraat afbeweeg. Hier het Patrick, voor sy huis, uit sy voertuig geklim en vir Saal met ‘n groot klip in die gesig geslaan. Hy het vir Saal daar op die grond  gelos en na sy voertuig teruggegaan.

Tyron en Vincenzo het toe op die oorledene toegesak en hom herhaaldelik en geweldadig met messe gesteek, was in die hof aangehoor. Nadat Vincenzo se mes gebreek het, het hy ‘n groot klip gevat en dit op Saal se kop geslinger.

Die streekshofaanklaer, Basil “The Jaguar” Kock, het die mediese verslag voorgelees wat aandui dat Saal wonde aan sy gesig, nek, hoof, skedel, agterstewe en bors gehad het.

Ter versagting het Van Zyl aangevoer dat die drie berou betoon het vir hulle sinnelose dade. Voorts is hulle spyt dat hulle die Saal-familie soveel pyn en lyding besorg het.

“Hulle het ook nie die hof se tyd gemors nie en hulle volle samewerking aan die SAPD gegee. Die hof moet die gemeenskap beskerm en toepaslike vonnisse oplê vir sulke dade,” het Van Zyl gesê.

Leave a Reply

error: Content is protected !!