Skip to main content

Wie sou nou kon dink dat mossels oë het? ’n Kam-mossel het. Dié seediertjie het ongeveer 100 oë al om die rand van sy harde dop om dit teen roofdiere te waarsku.

Kamele se wimpers sal enige vrou groen van jaloesie maak. Dit word tot 10cm lank om hul oë teen waaiende woestynsand te beskerm.

Marmotbabas kom met oop oë die wêreld binne.

Waar die mens 200 000 ligsensitiewe selle per vierkante millimeter van hul retinas het, het arende 1 miljoen!

Arme wurms het glad nie oë nie, al lyk dit of sommige spesies het.

Naaldekokers, ‘n insek wat al skaarser word, het 30 000 lense in hul oë. Dit help hulle om potensiële roofdiere oral raak te sien sodat hulle vinnig kan verkas.

Het jy geweet dat haaie se korneas ook in menslike oë oorgeplant word omdat hulle soortgelyk is aan die van die mens?

En as jy gewonder het hoe slaap dolfyne … met een oop oog.

Sebras en perde se oë kyk kante toe, wat help dat hulle byna tot by hul sterte kan sien. Die negatiewe sy daarvan is dat hulle ‘n blindekol aan die punte van hulle neuse het.

As jy gedink het ‘n hamster knip-oog vir jou, is jy amper reg. Meeste hamstersoorte knip net een oog op ‘n slag.

Bokke se pupille is reghoekig. Dit beteken hulle kan wyd kyk en roofdiere maklik raaksien.

‘n Slang het twee stelle oë. Hulle gebruik die een stel om mee te kyk, en die ander stel word gebruik om beweging en hitte op te spoor. Slange het ook nie ooglede nie.

Daar is ‘n spesie visse wat ‘vier oë’ het. Dit help hulle om gelyktydig onder die water sowel as bokant die water te sien.

Uile, die enigste voëlspesie wat die kleur blou kan eien, se oogballe is onbeweegbaar. Vandaar die ‘kop-omdraai’ gewoontes.

Die grootste diere-oog, ongeveer 27cm in deursnee, behoort aan die Kolossale Inkvis.

Duiwe het die beste kleurvisie op aarde; hulle kan miljoene verskillende kleure waarneem. Indrukwekkend, nie waar nie?

Vir honde lyk rooi en groen dieselfde.

Leave a Reply