Skip to main content

‘n Genetiese lewertoestand, tesame met oormatige drinkery en ‘n hepatitis B-infeksie, was waarskynlik sleutelfaktore in die dood van Ludwig van Beethoven byna 200 jaar gelede. Dìt volgens die bevindinge van DNS-ontleding van sy hare, wat Woensdag deur die wetenskaplike Current Biology joernaal gepubliseer is.

Die Duitse komponis, wat algemeen beskou word as een van die voorste invloede op populêre musiek in die afgelope twee eeue, is in Maart 1827 in Wene oorlede terwyl hy aan verskeie gesondheidsprobleme gely het. Dit sluit in gehoorprobleme wat in sy laat twintigerjare na vore gekom het, en uiteindelik tot algehele doofheid ontwikkel het toe hy ongeveer 44 was.

Benewens die lewerprobleme wat waarskynlik sleutelfaktore in sy dood was, het wetenskaplikes bewyse gevind van gastro-intestinale probleme, waaroor die komponis sy hele lewe lank gekla het. Beethoven het voor sy dood geskryf oor sy begeerte dat dokters die bronne van sy verskillende gesondheidsprobleme na sy dood moet bestudeer. Nou, byna 200 jaar later, het die DNS-analise uitgesluit dat coeliakie en laktose-intoleransie verantwoordelik is – maar het geen duidelike diagnose verskaf nie.

Leave a Reply