Nadat Laerskool Brentwood Park in High Road, Brentwood Park, ‘n pleidooi gelewer het vir water nadat hul eie watertenks leeggeloop het, het Die Waarheid ingespring en bottels water vir die leerders by die nasorgsentrum gaan aflewer.
Lydia Jooste het Die Waarheid met ope arms in die kantoor ontvang en dadelik na die nasorgsentrum verwys.
Cecilia van Dyk, Laerskool Brentwoord Park se nasorghoof, was baie dankbaar dat iemand so gou op hul bede-boodskap gereageer het.
Dit is belangrik dat gemeenskappe saamstaan om te help waar hulle kan. En as mens kinderharte kan blymaak, soveel te beter.