‘n Brief deur een van die 15 haweloses wat daagliks onder Die Waarheid se vaandel die besoedelde strate in en om Gladiatorstraat skoongemaak het, en nou ‘werkloos’ is sedert die likwidateurs ook op die blikkie met hul weeklikse lone beslag gelê het, het aan ons harte geruk.
Die span van 15 werkers het daagliks met trots opgedaag om as span hul aangewysde take te verrig. Niks was benede hulle nie, en selfs die vrouens het gespit en gepik saam met die manne.
Die haweloses se harde werk het nie ongesiens verbygegaan nie. Die Waarheid het verskeie boodskappe van besighede, skole en inwoners ontvang waarin hulle dank vir die opknapping van die buurt uitgespreek is.