Skip to main content

Isaac Cloete

Die polisie het onlangs ‘n Noord-Kaapse man betrap wat in besit was van verskeie bankkaarte van sy kliënte.

Die polisie op Calvinia het op ‘n wenk van die publiek reageer en met ‘n lasbrief na Rebuniestraat opgeruk, waar die man (naam aan Die Waarheid bekend) woon. Hier het hulle onder andere afgekom op 66 identiteitsdokumente, en meer as 55 SASSA- en bankkaarte.

Hulle hulle ook ‘n skootrekenaar, 5 draagbare transaksie-masjientjies, asook ‘n register van die skuldenaars met hul besonderhede gevind. In die register was onder andere hulle name, ID- en pin-nommers aangeteken.

Al bogenoemde items was gekonfiskeer voordat die 64- jarige verdagte vlugtig in die hof verskyn het, volgens die polisie-woordvoerder, sers. Timothy Sam.

Inwoners hier het vertel dat die verdagte glo ‘n pastoor is wat vreeslik onbeskof is met sy kliënte. Hy was glo al baie keer in die tronk. Hulle het ook vertel dat hy die genoemde kaarte as waarborg vat vir lenings aan sy kliënte.

Blykbaar werk die verdagte nie, maar besit ‘n paar duur voertuie, soos ‘n Mercedes, ‘n Toyota bakkie asook ‘n groot huis, volgens inwoners hier.

Dié week verskyn hy formeel in die hof, volgens polisie-woordvoerder, Sam. Hy staan tereg op klagtes van die oortreding van die nasionale kredietwet.

 

Leave a Reply