Skip to main content

‘n Groot groep werkloses zama-zamas doen die rondte by fabrieke in Alrode-Suid en dwing eienaars om hulle in diens te neem. Dìt volgens ‘n berig in die Alberton Record.

Hulle probeer op ‘n intimiderende wyse werk bekom deur ‘n eiegemaakte ‘Zama-Zama Gemeenskap-kennisgewing’ onder besigheidseienaars se neuse te druk. Daarin is ‘n deel uit ‘n wet, ‘afdeling 19 (4) van Nr. 13 van die Immigrasiewet van 2002 wat ‘tesame met die ‘Indiensnemingwet 4 van 2014’ vervat wat die besigheidseienaars ‘beveel om slegs Suid-Afrikaanse werkers in diens te neem’.

Daarin word ook hulle eise en verwagtinge saamgevat en besigheidseienaars word twee dae ‘gegun om aan hierdie eise te voldoen’.

Hulle keer aangestelde werkers om vir hul poste aan te meld en bestook eienaars se voertuie met klippe.

Leave a Reply

error: Content is protected !!