Skip to main content

Die kakkerlakwesp, oftewel Dementor Wasp (Ampulex dementor), vernoem na die ‘sielsuigende dementors in Harry Potter’, is inheems aan Thailand.

Hierdie rooi/oranje en swart wesp is ‘n parasitoïed, wat beteken dat hulle hul eiers in lewende kakkerlakke lê, wat dan as gasheer-broeikas vir hul larwes sal dien. Die larwes is so slim dat hulle die noodsaaklike organe wat die kakkerlak aan die lewe hou, laaste vreet om seker te maak dat hulle voortdurend vars kos het.

Hierdie redelik nuutontdekte wesp-spesie kan ‘n spoed van 40KpU behaal.

Kakkerlakwespe steek die grillerige gashere in die kop en die gifstof wat hul angels vrystel verander die kakkerlak in ‘n wesp-zombie wat nie sy/haar eie bewegings kan beheer nie. Zombie-kakkerlakke sal sonder meer by ‘n wespnes inhol nadat die gifstof posgevat het. Die rede hiervoor kon nog nie vasgestel word deur wetenskaplikes nie.

Leave a Reply