Watse visse? hoor ek ‘n paar mense vra. Die Waarheid was ook verbaas oor die benaming van hierdie monsteragtige vis, maar sy naam doen beslis sy beeld gestand.
Die een groot geluk vir die mens is dat hierdie lelike visse slegs in die ysige dieptes van die oseane, 5000m onder die oppervlak, daar waar min suurstof en voedsel is, voor kom.
Jonger visse word ongeveer 18cm lank en wissel van kleur vanaf semi-deurskynend na donkerbruin.
Slagtandvisse, een van twee spesies beenvisse, se voedselbronne is skaaldiere en ander visse, en op hulle beurt is hulle prooi vir inkvisse, marlyne en tuna.
Daar was nog nooit volwasse slagtandvisse onder oë gehad nie.
Bitter weinig anders is oor hierdie visse bekend.