‘n Staking deur Blanke mynwerkers verander in openlike rebellie
Woedende Blanke mynwerkers, wat sedert 28 Desember 1921 gestaak het, het polisiestasies, spoorweginstallasies en myne aan die Witwatersrand bestorm en beset. Hulle het ook Johannesburg se hoofposkantoor en kragstasie aangeval in ‘n massabetoging wat binne ‘n paar uur in openlike rebellie teen die staat ontaard het. Hulle het besluit om geweld te gebruik om die regering omver te werp en as ‘n republiek te verklaar.
Die eerste minister, J.C. Smuts, het ‘n krygswet afgekondig en Johannesburg binnegedring met afdelings van die weermag, ondersteun deur die lugmag. Binne vier dae is die opstand onderdruk. 153 mense, insluitend 72 lede van die staatsmagte, is dood en 534 beseer. Hierdie opstand staan algemeen bekend as die Randse Opstand of Rebellie.
Bron: SAHO