Skip to main content

TITEL: Krieket, kerrie en Gandhi – met Royal Enfields deur Indië

OUTEUR: Johan Badenhorst

Wat begin het as ’n reis wat opgeneem is vir die Voetspore in Indië-televisiereeks, het uitgeloop op ’n boek Krieket, kerrie en Gandhi. Alhoewel ’n tegniese span Johan Badenhorst soos gebruiklik vergesel het, het net hy en sy seun, Streicher, elke dag in die saal van ’n motorfiets geklim, wat gesorg het vir ’n onvergeetlike pa-en-seun-reis.

Johan skryf in sy kenmerkende gemaklike styl oor Indië, maar delf ook dieper, in die verlede én die toekoms. Die Indiese subkontinent het hom uitgedaag om na te dink – oor ouerskap, armoede, godsdiens en vele meer. Dit is wat ’n mens kan verwag van ’n pa en seun, twee motorfietse en drie maande in Indië.

Johan Badenhorst is ’n televisiepersoonlikheid, programvervaardiger en avonturier. Hy is die eienaar van KewTV Produksies, die Voetspore-winkel en Voetspore Safari’s. Johan is getroud met Alma, hulle woon op Kleinmond in die Overberg en het drie kinders, Nina, Heleen en Streicher.

Ook beskikbaar in die Voetspore-reeks: Voetspore op die ewenaar (2014), Voetspore: Agulhas tot Alexandrië (2013), Voetspore: Casablanca tot die Kaap (2011), Voetspore in Suid-Afrika (2020) en Voetspore in Suid-Afrika 2 (2021).

Leave a Reply