Twee duifies wat vir ‘n jaarlikse kompetisie om die oulikste paartjie in die land te vind, het die internet aan die gons.
Die wedstryd word reeds sedert 2017 deur die webwerf cutecouple.co.za aangebied.
Wat hierdie paartjie spesiaal maak, is dat Tanya ‘n rolstoelgebruiker is.
Desmond en Tanya het mekaar in Oktober 2022 op ‘n afspraakwebwerf ontmoet en teen November het sy ingestem om hom by haar huis in Middelburg Mpumalanga te laat kuier.
Die tweetjies het verlief geraak en daar was geen terugkeerkans nie.
Hulle wou elke oomblik saam spandeer en op 2 Januarie 2023 het Desmond vir Tanya verras met ‘n beloftering.
Hy sien die vrou agter die rolstoel en dit maak dit oulik.
As die land besluit Tanya en Desmond is Suid-Afrika se oulikste paartjie, sal hulle die groot prys ter waarde van R75 000 wen.
Dit sluit ‘n vakansie van 7-nagte (alles ingesluit) by die luukse Victoria Beachcomber Resort & Spa in Mauritius in. Daar is ook R10 000 kontant om die wegbreek nog lekkerder te maak.
Nege ander paartjies kan ook een van nege streekspryse ter waarde van R8 500 wen.
Die stemmery het om middernag vanoggend afgeskop en eindig om 23:59:59 Vrydag 31 Maart.
Om vir Tanya en Desmond te stem, gaan na https://www.cutecouple.co.za/entry/cc233695/?vote
Daar is verskeie maniere om te stem. Gratis stemme is ook moontlik.
Komaan, Waarheid-lesers, kom ons stuur hierdie duifies Mauritius toe!
Ge Stem Al 50 Free votes vir Desmond en Tanya!
Sterkte en Liefde vir julle
Morne Bronkhorst
Julle wys wat waare liefde is…. ❤️