Suid-Afrika se Onafhanklike Verkiesingskommissie het vandag bekend gemaak dat Naspers, die alleeneienaar van die mediamaatskappy Media24, in die afgelope jaar R2 miljoen aan die ANC en nog R2 miljoen aan die DA geskenk het.
Dit lyk of Naspers, een van die grootste maatskappye op die Johannesburgse Effektebeurs, onseker is wie na volgende jaar se algemene verkiesing aan bewind gaan wees en nou gatkruipgeld aan die twee gunstelinge wil betaal.
Sedert die ANC 29 jaar gelede die bewind in Suid-Afrika oorgeneem het, is die ANC herhaaldelik gekasty vir sy onophoudelike aanvalle op die Afrikaanse taal. Die laaste aanslag was verlede jaar, toe minister Nathi Mthethwa die woord “Afrikaanse” uit die naam van die Afrikaanse Taalmonument probeer verwyder het ‘op grond van inklusiwiteit’.
Ironies genoeg is Naspers in 1915 gestig met die doel om Afrikanerbelange te bevorder. Dit is weliswaar nou ‘n internasionale maatskappy, maar Naspers is met Afrikanergeld op die been gebring.
Terwyl Naspers klaarblyklik sy rug op Afrikaanssprekendes gedraai het met sy donasies aan die regerende party, lyk dit ook of Afrikaanssprekendes Media24, Naspers se media-arm, die rug toegekeer het.
Volgens die nuutste ABC-sirkulasiesyfers wat verlede week vir die laaste kwartaal van 2022 bekend gemaak is, koop net 19 000 mense die dagblad Beeld daagliks. Rapport verkoop elke Sondag gemiddeld 63 000 koerante, net 26 000 mense koop Die Burger elke dag en 15 000 mense koop Son.
In die goue era van die koerantbedryf het Rapport gemiddeld meer as 500 000 koerante per naweek verkoop, terwyl Beeld daagliks meer as 125 000 verkoop het.
- Naspers het ‘n lang geskiedenis van omstrede skenkings aan politieke partye. Naspers het die Nasionale Party tydens apartheid gefinansier, en die NP het in 1984 74 000 aandele in die ongenoteerde Naspers gehou.
Naspers en liegwerk24 is besig om te vou, en raak by die dag meer irrelevant. Dankie vir Die Waarheid.
Nuus in nuwe lig en wese.