Skip to main content

Bayview-speurders in Durban het onvermoeid gewerk om die moord op Bradley Singh (38) op te los.

Sy lewelose liggaam is die oggend van 21 November 2022 op ‘n paadjie in 27ste Laan in Umhlathuzana, Chatsworth, gevind. Die slagoffer het verskeie steekwonde aan sy liggaam opgedoen. Ten tyde van die voorval het dit gelyk of die motief roof was aangesien die oorledene se selfoon en ‘n sak wat hy by hom gehad het, nêrens te vinde was nie. Namate die ondersoek gevorder het, het inligting na vore gekom dat die slagoffer se vrou en haar kêrel by die moord betrokke was.

Na ‘n intensiewe ondersoek het speurders Loretha Somone Ramrathan (29) en Zace Wendell Leo Brock (37) verlede Vrydag gearresteer. Die twee het  in die Chatsworth-landdroshof verskyn. Hulle is tot 2 Maart 2023 in aanhouding vir ‘n formele borgtogaansoek.

One Comment

Leave a Reply

error: Content is protected !!