Skip to main content

Gemeenskapslede word gewaarsku dat ‘n leeuwyfie gister omstreeks 08:00 uit haar hok – wat agterop ‘n Ford Ranger bakkie was – ontsnap het terwyl die voertuig op die Beesdampad tussen Stella en Tlagameng, Noordwes, gery het.

Die eienaar was nie bewus dat die dier ontsnap het totdat hy sy bestemming bereik het nie. Lede van Natuurbewaring asook boere van die omgewing is op die uitkyk vir die dier.

As jy dalk die leeuwyfie gewaar, kontak asseblief een van die volgende nommers of kontak jou naaste polisiestasie om dit aan te meld:

Nanti Strydom 082 563 7763

Siyabonga Mseluku 073 446 7452 of 081 336 6882 (Natuurbewaring)

Leave a Reply

error: Content is protected !!