Skip to main content

Die landdroshof in Pretoria het Jacobeth Lepinka (52), die Nasionale Vervolgingsgesag se assistent-direkteur en haar seun, Kedifentse (28), Vrydag skuldig bevind op aanklagte wat verband hou met toegang tot hoogs geheime inligting.

In 2014 het NVG ontdek dat Lepinka ‘n skootrekenaar met geklassifiseerde inligting sonder magtiging na haar blyplek geneem het. ’n Saak van diefstal is geregistreer en die voorval is by die Valke se hoofkantoor-gebaseerde Ernstige Korrupsie-ondersoekspan aangemeld vir verdere hantering. Die ondersoek het die span na die skootrekenaar, wat deur Lepinka se seun gebruik is, gelei. Hy het beweer dat hy die rekenaar besit.

Na ‘n lang ondersoek het die beskuldigdes in die hof verskyn waar hulle verhoor is. Jacobeth is skuldig bevind op aanklagte van bedrog, ongemagtigde toegang tot inligting en ongemagtigde openbaarmaking van inligting, terwyl Kedifentse skuldig bevind is aan ongemagtigde toegang tot inligting. Die beskuldigdes sal op 16 Mei 2023 gevonnis word.

Leave a Reply

error: Content is protected !!