Skip to main content

Dit mag die mees uitdagende werk in Suid-Afrika wees, dalk in die wêreld, maar vir ’n koel R7 miljoen per jaar, kan jy die grootbaas van ons geliefde kragreus wees.

Eskom het onlangs die pos van hulle uitvoerende hoof, Andre de Ruyter geadverteer en Die Waarheid het gaan kyk wat jy sal benodig om hierdie taai werk te kan doen.

De Ruyter het einde verlede jaar aangekondig dat hy uit sy pos gaan tree en sy laaste dag is 31 Maart. Hy is die 14de persoon wat sedert 1994 aan die stuur van sake was.

Die nuwe baas van die lendelam staatsentiteit se verantwoordelikhede sal oor drie verskillende departemente strek. Hy of sy sal hoofsaaklik verantwoordelik wees vir die uitsetting, opwekking en verspreiding van elektrisiteit.

Die advertensie vir De Ruyter se pos word tans deur Drayton Glendowner geadverteer.

Volgens die advertensie sal die uitvoerende hoof verantwoordelik wees “vir die bevordering van ’n etos van uitmuntendheid en voordurende verbetering” van die kragreus.

De Ruyter se opvolger sal ook in staat moet wees om “’n kultuur te skep wat etiek as belangrik en hoog ag en die regering se standarde respekteer en volhou.”

Die ideale kandidaat moet oor ’n nagraadse kwalifikasies in ingenieurswese, besigheidsadministrasie, ekonomie of enige ander vlak 8 kwalifikasie met 480 krediete beskik.

’n MBA-graad sal vir die kandidaat voordelig wees.

Om oorweeg te word moet jy tussen 15 en 20 jaar se ervaring as ’n senior bestuurder hê.

“Die kandidaat moet uiterse sterk besigheidsvaardighede hê,” lui die advertensie.

As grootbaas sal die kandidaat meer as 20 000 werknemers hê wat onder hom of haar werk.

De Ruyter het in 2019 hierdie werk aanvaar, maar die werk was alles behalwe rooskleurig en hy was aan stuur van sake in ’n tydperk waar die land een van die grootste kragkrisses in geskiedenis ervaar het en steeds doen.

Die nuwe baas se voordele en salaris word nie in die advertensie bekendgemaak nie, maar mens kan spekuleer oor hoeveel die suksesvole kandidaat sal verdien.

Pravin Gordhan, minister van openbare ondernemings, het in 2022 bevestig dat De Ruyter die kragreus se direkteur is wat die meeste verdien met ’n allemintige R7.4 miljoen per jaar.

Hy het in 2020 vir die drie maande R 1654 000 verdien en in 2021 en 2022 oor die R7 miljoen.

Leave a Reply

error: Content is protected !!