Skip to main content

Nou is die Amerikaanse beheptheid met politieke korrektheid besig om verwarring te saai!

Dis sekerlik enigiemand se reg om te assosieer as die geslag van sy/haar keuse, maar soms kan mense se geslagskeuses ander laat kopkrap.

Lily Mestemacher, ‘n inwoner van Arkansas, is verlede week na bomdreigoproepe in hegtenis geneem. Die vermeende bomdreiger is in die Amerikaanse media as “’n 29-jarige vrou” beskryf en daar word wyd en syd berig dat “sy” dit en dat gedoen het en dat “haar” geskiedenis sus en so insluit.

Die probleem is net dat sy op polisiefoto’s presies soos ‘n biologiese man lyk, kompleet met stoppelbaard en al. Nogal met sterk trekke van die akteur Jack Black.

Twittergebruikers was uitgesproke oor die nuus deur die 911-diens en het strome kommentaar gelewer. “Dis g’n sy nie!” het een gereageer. “Dis hartseer. Ek het haar in Nacho Libre geniet,” het ‘n ander leser gesê.

‘n Gebruiker met die skermnaam Mr Anderson was sinies: “Lily? Dis Larry daai en hy lei niemand om die bos nie.”

“Dis ‘n man, man!” het een gekrabbel, gevolg deur ‘n kommentator wat laat hoor het: “As daai ‘n vrou is, is ek die koning van Spanje!”

“$100 sê ek sal daai ou nooit Lily noem nie,” sê ene Reaper. HatTrick stem saam: “Sy het meer borshare as ek!”

“Lily? Dis ‘n ou daai!” sê ‘n Twittergebruiker. “Dis die verkeerde foto … die een is ‘n man,” reageer ‘n ander een.

Daar’s iets anders wat Suzee pla: “29?” vra sy.

Een gebruiker betwyfel of Lily die naam is wat die verdagte by geboorte ontvang het. Verskeie mense glo vas Lily stem vir Joe Biden.

Hier en daar was daar egter ‘n gebruiker wat kritici as huigelaars afgemaak het en sensitiwiteit oor Lily se geslag gevra het. Dit het op dowe ore geval.

‘n Leser het dit dalk die beste gestel deur sy verwarring so te verwoord: “Ek het eers gedink dis satire. Dis deesdae nogal moeilik om satire en werklikheid van mekaar te onderskei.”

Lesers wat wonder of Lily saam met mans of vroue aangehou word, sal langer moet wag vir ‘n antwoord. Lily is op borgtog van $50 000 – byna ‘n miljoen rand – vrygelaat.

Leave a Reply

error: Content is protected !!