Die aandeelprys van Coronation Fund Managers (CFM) het gister met ongeveer R1 miljard in markwaarde gedaal nadat SAID dit bloedneus gelaat het na ‘n belastingstryd in die die Hoogste Hof van Appèl. Die saak hou verband met winste wat deur sy buitelandse bedrywighede verdien word en dateer terug na ‘n 2012 tot 2017 dispuut.
Die beslissing in die hof is gebaseer op die feit dat die beleggingsbestuur nie buitelands gebeur het nie en daarom is die winste in Suid-Afrika belasbaar.
CFM oorweeg dit om die Konstitusionele Hof te nader om die bykomende belasting wat deur die SAID op hom opgelê is, te beveg.