Meer as 3,5-ton kokaïen wat in die Stille Oseaan gedryf het, is verlede week deur die Nieu-Seelandse polisie gevind. Dit is die land se grootste dwelmbeslaglegging ooit.
Die kokaïen is verpak in 81 bale wat met plastiek toegedraai was en bedek is met nette toegerus met dryftoestelle. Hierdie vonds is gemaak tydens ‘n gesamentlike operasie deur Nieu-Seelandse Polisie, Doeanediens en ‘n weermag genaamd Operation Hydros, wat in Desember van stapel gestuur is om “verdagte vaartuie” se bewegings te monitor, luidens ’n verklaring van die polisie. Die Royal Navy-skip HMNZS Manawanui het die vrag opgelaai en dit teruggebring na Auckland, waar dit vernietig gaan word.
Die kokaïen is sowat 500 miljoen Nieu-Seelandse dollar werd.
Alhoewel die metode van verpakking en aflewering nie ongewoon was vir die streek nie, volgens Greg Williams, hoof van die polisiemag se georganiseerde misdaadgroep, was die hoeveelheid kokaïen ongeveer vier keer so groot as die hoeveelheid wat voorheen die rekord gehou het.
Geen arrestasies is gemaak nie, en die polisie het ook nie na enige verdagtes verwys nie. Die aflaaiplek word deur die polisie beskou as ‘n “deurgangspunt” vir internasionale dwelmsmokkelaars.
Foto: Getty Images