Skip to main content

Volgens Gwede Mantashe, die minister van minerale bronne en energie, is daar planne in plek om beurtkrag binne twaalf maande op te los.

Mantashe, wat by die Investing in African Mining Indaba in Kaapstad aan die woord was, het uitgebrei op hierdie stelling.

Mantashe het aan eNCA gesê dat beurtkrag die land nagenoeg R1 miljard per dag kos.

“As ‘n departement van minerale bronne en energie het ons vier punte opgestel wat ons dink aandag moet geniet as ons beurtkrag binne die volgende 12 maande gaan oorkom. Die eerste een is die verbetering van die beskikbaarheid van elektrisiteit deur ‘n fokus-befondsde planinstandhouding by bestaande kragstasies. [Dan die] Aankoop van nood- en korttermynkrag vanaf bestaande fasiliteite in ander private kragsentrales asook [die aan]koop [van] bykomende elektrisiteit in buurlande … en laastens om die vaardigheidskapasiteit by Eskom te verbeter.”

Leave a Reply