‘n Suid-Afrikaanse Belastinghof-uitspraak het die SAID op die vingers getik en benadruk dat hiérdie staatsdepartement se jurisdiksie en bevoegdhede beperk is tot alles waarvoor in die Wet op Belastingadministrasie se reëls voorsiening maak.
Indien die hof in ‘n pas-afgelope saak ten gunste van die SAID bevind het, kon dit deure open vir hierdie instelling om oudits teen burgers en besighede wat reeds afgehandel is, weer te heropen om sodoende voordeel daaruit te trek.