Skip to main content

Elma Potgieter onthou een van ons grootkunstenaars wat kon toor

Verlede Vrydag 3 Februarie oppad terug kar toe ‘n besoek aan Louis van Niekerk in die Milpark-hospitaal in Johannesburg se hoësorgeenheid dink ek by myself: Louis lyk goed. Hy klink soos die Louis wat ek eers later van tyd van nader leer ken het – ‘n vriend, opgewek, reguit, effe geïrriteerd met die feit dat hy sukkel om te loop

Gelukkig kom my fisioterapeut elke dag, het hy nog vertel.

Dan spring ‘n ongevraagde gedagte in my kop in die lang hospitaalgange op pad na die voordeur: nou dis die laaste keer

Dit s toe. Wim Vorster stuur vir my ‘n kriptiese WhatsAppboodskap vroeg vanoggend (8 Februarie)met net een woord: Louis – en ‘n prentjie van ‘n gebreekte hart.

Die veelsydige Van Niekerk (87) is aan kanker dood. Hy het oor dekades naam gemaak as verhoog-, televisieen rolprentakteur en as teaterregisseur.

‘n Kollegatydgenoot en vriendin, Elma Potgieter ewe bekend vir haar veelsydige bydraes tot ons vermaakbedryf, vertel aan Die Waarheid oor haar en Van Niekerk se kruispaaie in die kunste. Sy onthou veral die krag-speelkonneksie tussen hom en haar man, wyle Schalk Jacobsz, eweneens een van ons toneelgrotes.

Dokter Astrov in Oom Wanja deur Anton Tsjechof was my eerste kennismaking met Louis van Niekerk as akteur. Ek was nog ‘n skoolkind in die Hoër Meisieskool Helpmekaar. Dit was ‘n Truk-produksie in die Alexander-teater.

Louis se sjarme het nie net die vrouekarakters vertolk deur Marga van Rooy en Wilna Snyman bekoor nie

My tweede kennismaking met Louis as akteur was sy vertolking van Kurt in August Strindberg se Dodedans. Hy was die ongemaklike teenwoordigheid tussen die strydende getroudes vertolk deur Patrick Mynhardt en Kita Redelinghuys.

En toe gebeur Nag van Legio deur PG du Plessis deur TRUK in 1970 met Louis van Niekerk as Dogoman en Schalk Jacobsz as Charlie. Die botsing tussen dié twee karakters het gehore stil-verstom uit ouditoriums laat sluip.

‘n Akteur se lewe bestaan maar uit ‘n ewige “Hallo en Koebaai

Tensy jy saamwerk, sien jy mekaar nie noodwendig nie.

Toe in 2012 werk Louis van Niekerk en Schalk Jacobsz weer saamvir die radio – RSG. ‘n Boeiende stuk – Duck Variations deur David Marnet, deur Mari Snyman vertaal as EendSonder End.

Louis en Schalk speel twee ou vriende wat in ‘n park filosofeer oor die leween die dood.

Louis vir my by gesamentlike vriende Schalk se dood: “Dit was wonderlik. Al het ons omtrent 20 jaar terug laas saam gewerk, het ons en ons karakters onmiddellik met mekaar gepraatasof dit so hoort.

Soos gesê: Akteurs se lewe bestaan uit ontmoeting en afskeid.

In 2016 bel ek vir Louis in Juniemaand. “Jy’t seker gehoor Schalk is oorlede. Sal jy vir my sy afskeid kom waarneem?

Dankie dat jy my gevra het. Dit sal vir my ‘n eer wees.”

Dis toe wat ek vandag ook nadat die versoek vir hierdie huldeblyk vir Louis kom: Dankie. Dit sal vir my ‘n eer wees om ‘n huldeblyk oor Louis van Niekerk te skryf.”

Leave a Reply