Die 65ste jaarlikse Grammy-toekenningseremonie was in die vroeë oggendure ekstra spesiaal vir Suid-Afrikaners.
Suid-Afrikaanse kunstenaars Nomcebo Zikode – wat bekend is as die sanger van “Jerusalema” – platevervaardiger en sanger Zakes Bantwini en fluitspeler, vervaardiger en komponis Wouter Kellerman, het ‘n Grammy ontvang vir hul trefferliedjie “Bayethe” by vanjaar se Grammy-toekenningseremonie.
Dit is die eerste keer dat Zikode en Bantwini ‘n Grammy wen. Kellerman het die toekenning in 2015 gewen vir sy album Winds of Samsara.