Skip to main content

Granate, so genoem omdat dit lyk soos die pitte van daardie lekker ryp vrug, is Januarie se geboortesteen. Dit word ook as geskenk gegee op ‘n tweede huweliksherdenking.

Hierdie edelsteen wat sedert die Bronstydperk in juwele gebruik was, kom eintlik in baie kleure voor. Die bekendste skakerings is die mooi dieprooi kleur wat almal ken. Hulle kan ook pers, pienk, oranje, rooi, geel en selfs oranje wees.

Die woord granaat kom van die Latynse woord granatus.

Op Moh se skaal wat mineraalhardheid meet op ‘n skaal van 1-10, meet granaat tussen 6,5-7,5. Granate is dus redelik gehard, maar beslis nie so struktureel sterk soos diamante nie, en daarom word hul meestal gebruik in hangertjies, oorbelle of borsspelde omdat die stene beskadig kan raak in ringe wat elke dag gedra word.

Hierdie edelsteen word ontgin in Afrika, Pakistan, Iran en Brasilië.

Daar is ook granate wat van kleur kan verander onder verskillende gekleurde ligte omdat hulle uit ‘n mengsel van pyrope en spessartiet gemaak is, en hulle is die skaarsste van hierdie edelsteen.

Leave a Reply

error: Content is protected !!