Skip to main content

Die Amerikaanse vloot het opgehou om dekompressiesiekte-eksperimente op skape toe te pas. Hierdie toetse het die diere na bewering aan verskriklike pyn en beserings, wat verlamming en kardiovaskulêre ineenstorting insluit, onderwerp. Dìt volgens People for the Ethical Treatment of Animals (PETA).

Die diereregtegroep het gister hierdie oorwinning gevier. Die eksperimente is by die Universiteit van Wisconsin-Madison gedoen d.m.v. ‘n $389,000-beurs van die vloot af. “Dit is ‘n oorwinning wat sal verhoed dat meer skape in verskriklike pynlike toetse mishandel word,” het die groep oor die uitslag gesê.

‘n Woordvoerder van die vloot het egter aan Military.com gesê dat die eksperimente geëindig het nadat die kontrak vir die projek tot sy “natuurlike gevolgtrekking” gekom het. Die universiteit het gesê dat beide die vloot en wetenskaplikes betrokke by die program verlede jaar besluit het om nie die gekontrakteerde toetse voort te sit nie.

Die eksperimente is ontwerp om die vloot te help om maniere te bestudeer om matrose wat in gesinkte duikbote vasgekeer is, te red. Volgens PETA is skape in kamers gesit om die druk wat in ‘n duikboot diep onderwater gevoel word, te simuleer, asook om dit vinnig daarna na die oppervlak te bring.

Skape is ook met ‘n “belangrike stof” ingespuit, het PETA gesê. Die diere wat die eksperimente oorleef het, is doodgemaak en gedissekteer. “Hierdie toetse is wetenskaplik waardeloos en skiet ver tekort aan internasionale standaarde,” het Shalin Gala, visepresident van PETA, aan Military.com gesê.

Balsam en PETA se navorsingsgenoot Samuel Pons het beweer dat diere-eksperimente ondoeltreffend is om te herhaal wat met mense met dekompressiesiekte gebeur as gevolg van fisiologiese verskille, en het daarop aangedring dat menslike selle en data van duikers nuttiger kan wees om simptome en risikofaktore vir dekompressiesiekte te voorspel.

Leave a Reply

error: Content is protected !!