Skip to main content

Polisieverklaring

Kantoor van die Provinsiale Kommissaris Vrystaat

’n 17-jarige leerder is vroeër vandeesweek in Hoopstad in ‘n skoolbus aangerand en gewurg.

Daar word beweer dat die leerder saam met ander leerders in Hoopstad vir die bus gewag het. Die bus het opgedaag, gestop en die busbestuurder het met ‘n naamlys uit die bus geklim. Hy het die name van die leerders begin noem totdat dié leerder die enigste een was wat op die sypaadjie agtergebly het.

Die leerder het besluit om in die bus te klim om die busbestuurder te vra hoekom hy nie die skoolbus skool toe kan gebruik nie. Daar word beweer dat die busbestuurder die leerder begin aanrand en wurg het. Die leerder het probeer terugbaklei maar hy is deur die busbestuurder oorval. Die leerder het uiteindelik uit die bus geklim en die voorval by sy ma aangemeld.

Die 56-jarige busbestuurder is in hegtenis geneem en hy staan tereg op aanklagte van gewone aanranding en poging tot moord. Hy sal na verwagting op 3 Februarie 2023 in die Hoopstad-landdroshof verskyn.

Leave a Reply

error: Content is protected !!