Skip to main content

Oudpresident Jacob Zuma is op 80-jarige ouderdom by ‘n Sanco konferensie in Durban tot KwaZulu-Natal se voorsitter van die Suid-Afrikaanse Nasionale Burgerorganisasie verkies.

Sanco was in die 90’s ‘n gerespekteerde gemeenskapsgebaseerde organisasie wat geveg het vir toegang tot basiese dienste.

Zuma, vergesel deur die MK-veteraan Carl Niehaus en die uitgesette ANC-sekretaris Ace Magashule, sal na verwagting nuwe lewe in die kwynende Sanco blaas.

Leave a Reply