Skip to main content

Silwer, goud se goedkoper familielid, moet nie onder die mat ingevee word wat waarde en funskionaliteit betref nie.

Dit word byvoorbeeld in medisyne, motors, juweliersware en elektronika gebruik.

Die Waarheid het ‘n paar interessanthede omtrent hierdie blink edelmetaal gaan uitsnuffel.

Silwer is deel van die vyf vroegste elemente wat deur die mensdom ontdek is. Die ander vier is goud, lood, koper en yster.

Silwer was op ‘n stadium duurder as sy geel teenstander. In die 15de eeu was silwer meer waardevol as goud.

Dit word in die aarde se kors aangetref, maar is nie maklik om te ontgin nie, daarom is mynbou en verfyning nodig om te te bekom.

As jy wel gelukkig genoeg is om silwer te vind, sal daar ook koper, goud of minerale soos chlorargyrite en argentite teenwoordig wees.

Hierdie hoogs rekbare termiese geleier is ook veelsydig. ‘n Enkele korrel silwer kan kan in ‘n plaat omskep word wat 150 keer dunner is as ‘n vel tikpapier. En as jy dit in ‘n draad sou wou omskep, kan ‘n ons silwer ‘n dun draad van ongeveer 2.4km maak.

Silwer kan in klein hoeveelhede deur mense ingeneem word en is nie giftig nie. Dit is ook antimikrobies, m.a.w. dit bevat ‘n stof wat mikroörganismes soos bakterieë of muf doodmaak, of keer dat hulle groei en siektes veroorsaak.

Hierdie element dien ook sedert 700 vC as ‘n betaalmiddel.

Sterling silwer bestaan uit 92,5% silwer en 7,5% ander edelmetale, wat koper insluit.

Die woord ‘silwer’ bestaan reeds sedert voor die 12de eeu, en is afgelei van die Anglo-Saksiese woord “seolfor.”

Dit word gebruik om spieëls te maak. Geen ander element of metaal kan hierdie skoene vol staan nie.

Skaf sommer vandag nog jou eie Forever Diamonds and Gold silwer- en goudmunte aan!

Kontakbesonderhede:
Kantoor nr: 0105348551
Kontakpersoon: Driekie Cronje
Epos adres: goudsilwer@foreverdiamondsandgold.com

Leave a Reply