Nadat die SAID die afgelope twee jare ‘n zero-toleransie-benadering uitgevoer het op mense wat – kundig óf onkundig – belasting ontduik het, gaan die land vanjaar ‘warmgemaak’ word deur hierdie instelling.
Edward Kieswetter, die kommissaris van die SAID, sê dat die belastingowerheid daarna streef om die afweging tussen belastingbetalersdiens en risikobestuur te balanseer. Dìt volgens Tax Consulting SA.
“Die inkomste-owerheid se uitvoering van hul planne het getoon dat dade harder spreek as woorde, met talle ondersoeke na belasting-oortreding, wat strek van die Hoë Netto Waarde Individu tot die onwettige sigaretbedryf, gevolg deur skuldigbevindings en sanksies wat op die oortreders opgelê word,” het Jashwin Baijoo, die hoof van strategiese betrokkenheid en nakoming by Tax Consulting SA, gesê.
Die SAID probeer van korrupsie in die land ontslae raak, een belastingontduiker op ‘n slag.