Skip to main content

In 2017 het elektrisiteit 99c per eenheid gekos en in 2022 het dit vermeerder tot R2,55c. Met huidige NERSA-verhogings van 18,65% vir 2023 en 12,74% vir 2024, sal ons R3,15 per eenheid betaal teen 2024.

Hoekom het elektrisiteit met meer as 3 maal vermeerder nadat Ramaphosa slegs 1 termyn in die presidentstoel was?

Daar is 2 hoofredes:

  1. Ramaphosa lei persoonlik Eskom se omskakeling van steenkool na wind/son.

Steenkoolenergie-opwekking kos Eskom 42c per eenheid Dis hoekom Eskom elektrisiteit vir 99c per eenheid aan ons kon verkoop en wins kon maak. In 2017, die laaste jaar wat elektrisiteit 99c per eenheid gekos het, het Eskom vir daardie jaar R880 miljoen wins gemaak.

In 2018 kom Ramaphosa aan bewind, en begin sy “Just Energy Transition” na wind/son.

Eskom koop toe wind/sonkrag van Independent Power Producers (IPP) vir R2.40 per eenheid dus kon Eskom nie voortgaan om hierdie elektrisiteit teen 99c per eenheid te verkoop nie. Dis hoekom Eskom by NERSA aansoek gedoen het vir opeenvolgende prysverhogings van 19.9% in 2018, 9.41% in 2019, 6,3% in 2020 en 15,6% in 2021- totdat elektrisiteitspryse R2,55 per eenheid in 2022 bereik het, sodat Eskom uiteindelik die R2,40 per eenheidskoste van IPP kon dek. Van daar af dryf Ramaphosa die oorgang na wind/sonkrag volstoom sedert 2022 omdat Eskom dit nou kon bekostig om wind/sonkrag te koop deur óns duur pryse vir elektrisiteit te vra.

Let op hierna: Ramaphosa het in 2022 lenings ter waarde van R10 miljard van Duitsland en Frankryk verkry om na wind/sonkrag oor te skakel, maar beide Duitsland en Frankryk sluit intussen hul windplase en heropen hul voorheen geslote steenkoolaangedrewe aanlegte waarna steenkooluitvoere vanaf SA na hierdie lande met 800% in 2022 toegeneem het.

Die rede is nie net dat steenkoolenergie opwekking baie goedkoper is nie, maar steenkoolkrag het ‘n 92% Energiebeskikbaarheidsfaktor (EAF) in vergelyking met 25% EAF van wind/son, dus is wind/sonkrag beide duur en onbetroubaar.

Ramaphosa het doelbewus rentegebaseerde lenings van Europa vir Eskom bekom om duur en onbetroubare wind/sonkrag te koop, maar sê tog “My hande is vasgebind” wanneer Eskom ‘gedwing’ word om elektrisiteitspryse te verhoog – dis alles leuens!

Leave a Reply