Skip to main content

Die Kusile-steenkoolkragstasie – voorheen bekend as die Bravo-kragstasie – loop die gevaar dat een van die 220m hoë skoorstene kan ineenstort.

Dìt nadat ‘n rookkanaal van 9 meter in deursnee in Oktober 2022 platgeval het onder die gewig van die as wat met tyd in die pyp opgebou het. Die manier waarop die kanaal ineengestort het, het veroorsaak dat die ander twee eenhede wat ook van die skoorsteen gebruik maak, nie meer gebruik kan word nie aangesien dit verdere skade kan aanrig.

Eskom poog nou om ‘n tydelike oplossing vir die Kusile-probleem te vind om broodnodige krag aan die land te voorsien.

 

Foto: Wikipedia

 

One Comment

Leave a Reply