Skip to main content

Terwyl die personeel van die Suid-Afrikaanse posdiens besig is om te krepeer sonder enige mediese fonds en nou ook ’n verlaging in hulle salarisse in die gesig staar, lag die uitvoerdende hoof al die pad bank toe.

Die Waarheid het vroeër berig oor hoe die poskantoor miljoene blaas om te fuif en te onthaal, maar nou blyk dit dat Nomkhita Mona, uitvoerende hoof van die poskantoor, in weelde en rykdom lewe terwyl haar werknemers nie eens basiese mediese sorg kan bekostig nie.

Die DA het ’n verslag bekendgestel waarin daar aangetoon word dat die poskantoor beoog om personeel se salarisse met 40% te sny in ’n poging om geld te bespaar en hulle allemintige skuld aan die Posbank terug te betaal.

“Mediese fonds-voordele is weereens van die werknemers ontneem omdat die poskantoor nie daarvoor betaal het nie en moet hulle self voorsienning maak en uit hulle eie sak daarvoor betaal,” sê Dianne Kohler Barnard, skaduminister vir kommunikasie.

Volgens Barnard verdien Mona sowat R4 miljoen per jaar – amper twee keer soveel as haar voorganger.

“Die poskantoor het reeds vanjaar ’n verlies van R2.3 miljard getoon en skuld nog R3.2 miljard aan die Posbank.

‘In ’n poging om geld te spaar en uitgawes te verminder wil die bestuur nou ure van werknemers verminder wat sal veroorsaak dat hulle minder geld verdien. Die poskantoor wil twee werksdae ’n week van werknemers wegvat wat sal veroorsaak dat jou algemene werker slegs drie van die vyf werksdae geld gaan verdien.”

Volgens Barnard gaan die DA die arbeidshof nader indien die poskantoor se bestuur besluit om voort te gaan met hulle besluit.

Leave a Reply