Skip to main content

Errol Musk, ‘n 76-jarige afgetrede ingenieur, se woning in die Wes-Kaap het duur sekuriteit-opgraderings ondergaan omdat sy miljardêr seun, Elon, bekommerd is oor aanvalle op sy gesin.

“Elon het besluit, ná die onlangse dreigemente teen hom, dat ek ook beskerming nodig het,” het Errol aan die Britse Sun-koerant gesê. “As hulle een van ons ontvoer, sal dit die vinnigste $20 miljoen wees wat enigiemand nog ooit in hul lewe gemaak het.”

“Ek is regtig bang dat iets met Elon kan gebeur, al het hy omtrent 100 sekuriteitswagte om hom,” het Errol erken en sy seun beskryf as “’n bietjie naïef oor die vyande wat hy maak, veral met die Twitter-lêers.”

Die opgraderings by Musk senior se woning het nagenoeg $15 000 gekos. Dié bedrag dek ‘n elektriese heining, nege kameras wat 24/7 opneem en wat vanaf Musk se foon gemonitor kan word, en 24/7 monitering deur wagte wat “tot die tande gewapen is.”

Leave a Reply