Skip to main content

Vier verdagtes is gister noodlottig gewond en twee ander in hegtenis geneem in ‘n skietgeveg met ‘n multidissiplinêre wetstoepassingspan bestaande uit Spesiale Taakmag, Nasionale Misdaadintelligensie, Gautengse Verkeersversadigingseenheid en Bad Boyz Sekuriteit.

Na verneem word, is inligting van misdaadintelligensie ontvang van ‘n vragmotor wat te Midrand gekaap sou word. Die inligting is geoperasionaliseer waarin die geïdentifiseerde verdagtes se voertuie op Olifantsfontein-pad in Glen Austin opgemerk is. Toe hulle besef dat die span op die punt staan om toe te slaan, het die verdagtes skote afgevuur en ‘n hoëspoed jaagtog sowel as skietgeveg het gevolg. Vier verdagtes is noodlottig gewond en twee ander het ligte beserings opgedoen wat op die toneel versorg is. Die vragmotor het na bewering elektroniese toestelle gekoerier. Twee ongelisensieerde vuurwapens is op die toneel gevind. Die vier voertuie wat deur die verdagtes gebruik is, word ook ondersoek.

Die twee oorlewende verdagtes sal binnekort in die hof verskyn.

***Die foto is een wat nie kopiereg op het nie en word gebruik ter wille van effek. Dit beteken nie die kapers was wit nie.

Leave a Reply