Skip to main content

George April

Verlede jaar het Die Waarheid geskryf oor die kiesers van Cederberg munisipale streek, wat nie regtig weet wie die heersers in hul raad is nie.

Die Waarheid het ook berig oor die Cederberg Eerste Party (CE) en die Demokratiese Alliansie (DA) wat in ‘n dringende aansoek die bestaande raad Hoogeregshof toe gesleep het.  Al die drama het begin nadat die DA op 12 Oktober ‘n tussenverkiesing op Lambertsbaai gewen het.
Die Hooggeregshof sou op Vrydag 2 Desember uitspraak gelewer het, maar dis kanselleer nadat die Cederbergraad verander het.

Thomas Waldeck, enigste CE raadslid, het kort voor die hofsaak, oorgeloop na die bestaande raad. Met die oorloop van Waldeck het dit aan die African National Congress (ANC) en Patriotic Alliansie (PA) ‘n meerderheid in die raad verskaf.

Ruben Richards (CE) het gister vertel waarom die Hooggeregshof dus die dringende aansoek verander het.
“Ons as opposiesie was na die tussenverkiesing op Lambertsbaai die meerderheid in die raad. Ons sou dus die raad verander, maar kon dit net in ‘n raadsvergadering doen.

“Maxwell Heins (PA speaker) het egter na ‘n maand steeds geweier dat daar ‘n raadsvergadering gehou kan word. Dis om diè redes dat ons as meerderheidsopposisie besluit het om die Hooggeregshof te nader. ‘n Paar dae voordat die Hooggeregshofsaak sou plaasvind, besluit Waldeck egter om oor te loop na die huidige raad,” het Richards vertel.

Jimmy Barnard (CE) het ‘n prentjie van bedrog en omkopery deur die huidige partye aan Die Waarheid geskets.
“Toe Waldeck oorloop na die huidige raad, was nie een van ons verbaas daaroor nie. Waldeck was net na die verkiesing deur die Patriotic Alliance (PA) na die Mosselbaai Jazz-fees genooi. Die PA het selfs sy   brandstof uitgawes heen en weer, saam met sy akkommodasie betaal. Waldeck was die burgermeesterketting belowe, indien hy hom sou aansluit by die huidige raad,” het Barnard voortgegaan.

“Omdat  Waldeck die enigste wyksraadslid van die CE was, het hy geglo dat hy die hoogste posisie in die CE organisasie verdien. Die Clanwilliam, Citrusdal en Lambertsbaai Sakekamers en ander borge, wat die CE organisasie finansieël gedra het, het egter nie saamgestem nie. Die borge het  besluit dat dr Ruben Richards die burgermeesterposisie moes kry. Dit was omdat Richards ook die voorsitter is van die Cederberg Eerste organisasie. Waldeck was egter nie daarvoor te vinde nie, en het besluit om die bestaande raad te ondersteun,” het Barnard afgesluit.

Op Woensdag 15 Februarie is daar ‘n tussenverkiesing op Wuppertal in die Cederberg streek.  Maar ongeag wie die verkiesing wen vir ‘n moontlike meerderheid in die raad, die klag teen Heins (PA speaker) gaan voort in die Hooggeregshof, het Richard bygevoeg.

Navrae na Anton Bredell se kantoor en Cederberg munisipaliteit is na drie dae nog nie beantwoord nie.

Leave a Reply