Skip to main content

Nieu-Seeland se eerste minister, Jacinda Ardern, het gister onverwags bedank toe sy ‘n nasionale verkiesing vir Oktober bevestig het.

Op die party se eerste koukusvergadering van die jaar Donderdag het Ardern gesê sy het “nie meer genoeg in die tenk nie. Dit is tyd,” het sy bygevoeg.

Haar termyn as eerste minister sal nie later nie as 7 Februarie eindig, maar sy sal voortgaan as LP tot die verkiesing vanjaar.

“Ek is mens, politici is mense. Ons gee alles wat ons kan so lank as wat ons kan. En dan is dit tyd. En vir my is dit tyd,” het sy gesê.

Leave a Reply