Skip to main content

Herman du Preez (links) is verlede jaar as Agri NW se Jongboer van die Jaar aangewys. Hier ontvang hy sy toekenning van Emil Pretorius van Santam Landbou. Elektrisiteitsprobleme het die suksesvolle boer nou ‘n fortuin gekos.

Beeldmateriaal van ‘n berg dooie hoenders is besig om op Facebook opslae te maak.

Die hoenders het aan Herman du Preez, wenner van Noordwes se Jongboer van die jaar 2022, van Frangipani-boerdery in Lichtenburg behoort. Du Preez het klaarblyklik 40 000 kuikens verloor omdat Eskom nie ‘n elektrisiteitsprobleem kon oplos nie.

Die boer sukkel al sedert 14 Desember verlede jaar om die Eskom-deurmekaarspul uit die weg te ruim.

Die waarde van die kuikens word op R1,6 miljoen geraam, maar dit is nie sy enigste verliese nie. Hy is ook ‘n saaiboer, maar kan nie besproei nie weens elektrisiteitsprobleme.

Na berig word, oorweeg die boer nou regstappe teen Eskom.

Leave a Reply