Skip to main content

George April

Die polisie moes die ketting van ‘n plaashek afknip om ambulanspersoneel toegang tot ‘n noodtoneel te gee.

“Was dit nie vir die kaptein van Hopefield polisie nie, kon my man gesterf het,” het Christine Ntintelo uitgevaar. Christine se man Victor (53) het onlangs omstreeks middernag ‘n beroerte gekry.  “Twee ambulanse het byna twee ure [buite] gewag, toe ry hulle na ‘n ander ongelukstoeneel. Dis omdat die hek gesluit was, en Francois Turner, die plaaseienaar, geweier het om die hek oop te maak.

Die Waarheid het in November berig oor die gesin wie se krag en water reeds in 2020 deur Turner afgesny was. Die plaas Driehoeksfontein is tussen Hopefield en Langebaanweg.

In ‘n hofbevel is Turner beveel om die dienste te laat aansluit, maar hy het besluit om teen die hofbevel te appelleer. Intussen is verskeie ander sake tussen Turner en die gesin by Hopefield-polisie aanhangig gemaak.

In die nuutste klag moes Hopefield-polisie se stasiebevelvoer, kaptein Godliep Adams, ‘n ketting afknip sodat Victor deur ambulansdienste hospitaal toe geneem kan word.

“Dis nou twee weke, en steeds wag ons op die polisie om te besluit watter saak gemaak moet word,” het Christine vertel. “Ek was Donderdag by die dokter om ‘n J88 te kry, toe weier die dokter om te help.”

“Victor kon dood gewees het as ‘n ander ambulans nie uit die Kaap gekom het nie.”  “Sy gesig het al begin skeeftrek, en ‘n noodhulp-amptenaar het sy bekommernis teenoor my uitgespreek.

Intussen sterk Victor tuis aan nadat hy uit die hospital ontslaan was. “Hy loop baie swaar, maar alhoewel ons baie bekommerd is, gaan dit darem al beter.”

Intussen het die polisie op Hopefield bevestig dat die saak van Victor spesiale aandag geniet.  Dis die eerste soortgelyke klag waarmee die polsie te doen het, daarom vra die polisie dat die gesin geduldig moet wees.

Volgens W/O Johnson van Hopefield-polisie sal die dokter nie die klag kan bevestig nie, omdat daar nog nie ‘n saaknommer is nie.

Leave a Reply