Skip to main content

Isaac Cloete

Namakwalanders is steeds geskok en hartseer nadat nog een van hul seders geval het.

Hy is Peter Theodore Alexander Cloete, algemeen bekend as PTA. Voor sy heengaan op Woensdag was PTA die streeksdirekteur van onderwys op Springbok.

Hy het ‘n lang stryd teen kanker gevoer.

Volgens Geoffrey van der Merwe, woordvoerder van die LUR van onderwys in die Noord-Kaap, was PTA ‘n geliefde en toegewyde kollega wat die onderwys met uitsondering gedien het.

“Hy het die opvoeders en  leerlinge altyd eerste gestel en ten beste gedien.”

Die Noord-Kaapse onderwysdepartement het hulle diepe medelye aan PTA se gesin en familie betuig en hulle verseker van hulle gebede en ondersteuning in hierdie tyd van rou en hartseer.

Intussen het die minister van basiese onderwys, Angie Motshekga, ook haar diepe medelye (en die van die nasionale onderwysdepartement) aan die Cloete-gesin gestuur.

“Ons het nie net ‘n briljante leier verloor nie, maar ook ‘n onderwysman en bestuurder met ‘n groot passie en dryfkrag vir die beroep.”

Sy het verder vir PTA as ‘n energieke, briljante en uitstekende asook hardwerkende leier beskryf, wat  sy ongekende talente en gawes tot voordeel van die onderwys gebruik het.

Die vlag by streekkantore, asook die by die hoofkantoor in Kimberley, sal hierdie week halfmas hang.

PTA was vir ongeveer 31 jaar in die onderwys en getroud. Hy laat sy vrou Elma en seun Duegald agter. Geen begrafnisreëlings is al bekend nie.

Leave a Reply

error: Content is protected !!