Skip to main content

Inwoners van Rustenburg moes vanoggend erge vloede trotseer op verskeie paaie.

Retha Lochner het verskeie foto’s aan Die Waarheid gestuur.

“Selfs dele van die hoofweë is toegemaak. En Arendskloof-kompleks is onder water,” het sy gesê.

“Inwoners in die Rockliff omgewing is ook gewaarsku teen ‘n sinkgat wat naby die winkelsentrum ingeval het en ‘n muur wat omgeval het,” het sy bygevoeg.

Leave a Reply