Skip to main content

Volgens ’n Forbes-verslag wat gister uitgereik is, is Elon Musk nie meer die rykste man ter wêreld nie. Dìt oor ‘n skerp daling in die waarde van die miljardêr se belang in die elektriese motormaatskappy Tesla en ‘n $44 miljard-aanbod op die sosiale media-platform, Twitter.

Volgens die publikasie is Musk, wat sedert September 2021 die eerste plek op die Forbes-lys beklee het, deur Bernard Arnault, die uitvoerende hoof van die luukse handelsmerk Louis Vuitton se moedermaatskappy LVMH, verbygesteek. Musk het tans ‘n netto waarde van $185,3 miljard terwyl Arnault se persoonlike rykdom op $185,4 miljard staan, volgens Forbes.

In 2021 het Musk die titel van die wêreld se rykste man by Amazon-stigter Jeff Bezos oorgeneem.

Musk se netto waarde het verlede maand tot onder $200 miljard gedaal nadat beleggers Tesla-aandele begin verkoop het te midde van kommer oor of hy op sy rol as maatskappy se uitvoerende hoof kon fokus sedert hy Twitter bekom het.

Leave a Reply