Skip to main content

Eskom se nuutste mediaverklaring lui as volg:

Fase 6-beurtkrag sal voortgaan om tot 05:00 op Vrydagoggend geïmplementeer te word, waarna Fase 5 tot 05:00 op Saterdagoggend ingestel sal word. Eskom sal ‘n verdere opdatering publiseer sodra daar enige beduidende veranderinge is.

Sedert Dinsdagaand het twee opwekkingseenhede by Grootvlei-kragstasie onklaar geraak, asook ‘n eenheid elk by Arnot-, Duvha-, Kendal-, Kriel- en Tutuka-kragstasies. Daarbenewens is twee eenhede by Arnot, ‘n eenheid elk by Camden-, Kendal- en Kriel-kragstasies nog nie weer in gebruik sedert vorige  probleme opgeduik het nie.

’n Eenheid by Matla-kragstasie is gisteraand laat weer in diens gestel.

Soos voorheen gekommunikeer, is Eskom weens die uitputting van die begroting om diesel vir die oopsiklus-gasturbines te bekom gedwing om die oorblywende diesel streng te beheer vir enige uiterste noodsituasies. Die diesel-opgaardamvlakke moet ook tydens hierdie beurtkragtye aangevul word.

Die brandstof- en instandhoudingsonderbreking wat gisteraand begin het, sowel as die langtermyn-bedryfsprojek van Eenheid 1 van die Koeberg-kernkragstasie, tesame met die Oktober-skoorsteenonderbreking wat drie opwekkingseenhede vanlyn by Kusile-kragstasie gedwing het, sal beskikbare opwekkingkapasiteit verder verminder en die voorkoms van beurtkrag oor die volgende 6 -12 maande vererger.

Eskom versoek die publiek om geduld en verdraagsaamheid te beoefen gedurende hierdie moeilike tydperk.

Beurtkrag word slegs as ‘n laaste uitweg geïmplementeer in die lig van die tekort aan opwekkingskapasiteit en die behoefte om aandag te gee aan onderbrekings.

Nuutste verwikkelinge is dat beurtkragfase 8 nie uitgesluit kan word nie.

Leave a Reply