Skip to main content

Gesamentlike pogings om infrastruktuurskade en diefstal van ons nie-ysterhoudende metale uit te roei, het uitstekende resultate opgelewer toe lede verbonde aan die Ekonomiese Infrastruktuur-taakspan gister ‘n intelligensie-gedrewe operasie in Dunoon, Tableview, uitgevoer en beslag gelê het op ‘n aansienlike hoeveelheid koperkabel by ‘n bergingsfasiliteit in die area.

Tydens die deursoek van die fasiliteit het lede verskeie infrastruktuureiendom soos watermeters en koperkabel op die perseel gevind. ’n Hyundai-sedan gevul met twee sakke infrastruktuurmateriaal is gevind en die taakspan het beslag gelê daarop. Die koper is positief geïdentifiseer as die eiendom van verskeie semistaatsinstellings. Lede het gevolglik beslag gelê op meer as ‘n ton koper wat as bewysstukke ingedien is.

Die beslaglegging wat op meer as R160 000.00 geskat word, het gelei tot die arrestasie van ‘n egpaar, ‘n man en vrou tussen die ouderdomme van 35 en 45. Hulle sal in die Kaapstadse landdroshof verskyn sodra hulle aangekla is. Hulle staan tereg op aanklagte wat verband hou met die oortreding van die Wysigingswet op Strafsake.

Leave a Reply