Skip to main content

George April

Twee kinders wat in landelike gemeenskappe in die Wes-Kaap woon, het onlangs die Kinderkommissaris na ‘n vergadering by die Afrika-Unie in Lesotho vergesel.

Christina Nomdo, die Kinderkommissaris, het in ‘n WhatsApp-boodskap aan Die Waarheid gesê: “Die uiteindelike doel van die kinderdeelname, is om die regte van kinders te beklemtoon. Vir hulle om self betrokke te wees by die voorspraak, in plaas daarvan dat volwassenes namens hulle praat”.

Die 15 jariges, Ruan Klaase van Rietpoort in die Matzikama munisipale streek naby die Noord-Kaapse grens, en Solakha Noyi van Kwanokhuthula in die  Bitou-munisipaliteit streek, naby die Oos-Kaapse grens, het na Maseru in Lesotho gereis om die 40ste gewone sitting van die Afrika-komitee van kundiges oor die regte en welsyn van die kind (ACERWC) by te woon.

Die twee gekose kinderregeringsmonitors in die Kinderkommissarisse-kantoor het as deel van die siviele samelewing  aanvullende verslae geskryf, en gesels oor die stand van kinderregte in Suid Afrika.  Hulle het hul geleefde realiteite en hul toewyding om kinderregteverdedigers te wees, verduidelik.

Ruan het oor hul ervaring aan die voorsitter van die komitee gesê,  “Ek was baie bly om met die komiteelede en met die voorsitter te praat. Dankie dat u na my geluister het.”

Volgens Nomdo, was dit ‘n eenmalige geleentheid vir hierdie kinders,  wat elkeen ook hul eerste reis op ‘n vliegtuig beleef het.

Leave a Reply