Skip to main content

Het jy geweet dat jou vingernaels gemiddeld 3,5 millimeter per maand groei? En dat die naels aan jou dominante hand vinniger groei as die ander een?

Daar is egter heelwat mites omtrent kolle/merk op ons naels. Een daarvan is dat wit kolle op naels op ‘n kalsiumtekort dui. Toe nou nie. Inteendeel, daardie wit kolle dui géén vitamientekorte aan nie, maar kan dui op vorige trauma in jou naelbed.

Jou naels en hare word beide van keratien, ‘n proteïen, gemaak. Al verskil is dat dit verskillend saamgestel is. Maar … dieselfde kos wat goed is vir jou hare, is goed vir jou naels.

Dames, die ongelukkig feit is dat mans se naels vinniger groei as ons s’n. En naels groei vinniger in die somer as in die winter.

Naels skei primate en mense van ander soogdiere. Die meeste soogdiere het kloue, terwyl primate en mense breër vingerpunte met naels op het.

Vir die naelbyters: daar is ‘n term vir daardie drang wat jou noop om die keratien van jou vingers af te kou – onychofagie. Die byt van naels is skadeloos – nee, dit gaan nie ‘n klip in jou maag word nie – maar dis wel onhigiënies en kan ook velinfeksies aan jou vingers veroorsaak. Daar is egter kenners wat meen dat naelbyt ‘n soort obsessiewe-kompulsiewe versteuring kan wees, en wil dit só laat klassifiseer.

As jy jou naels gereeld laat mooimaak, moet jy tussen-in jou naels natuurlik hou om dit te laat asemhaal. Naels is’n lewende weefsel, en benodig ook suurstof.

Die vorm, hardheid en tipe naels wat jy het is geneties, m.a.w. jy het jou naels oorgeërf.

Leave a Reply