Skip to main content

Die legendariese tennisafrigter Nick Bollettieri is op die ouderdom van 91 oorlede. Dit is deur die IMG Academy in ‘n verklaring aangekondig.

“Nick Bollettieri, die legendariese tennisafrigter en stigter van Nick Bollettieri Tennis Academy, wat as die grondslag vir vandag se IMG Akademie gedien het, is oorlede,” lui die verklaring.

Groot name soos onder ander Andre Agassi, Maria Sharapova, Jim Courier en Monica Seles het deur sy akademie onderrig ontvang. Hy het ook aan Boris Becker en die Williams susters, Venus en Serena, bystand gebied.

“Tennis sou nie wees waar dit vandag is sonder Nick se invloed nie,” sê Jimmy Arias, IMG Academy se direkteur van tennis en een van Bollettieri se oorspronklike studente.

Leave a Reply