Skip to main content

TITEL: Die gedierte in die gange

DIE JAAR 2120.

Londen lê in puin, die mense is honger en die hele koninkryk is in pikdonkerte gehul.

Prins Albert, ’n tingerige boekwurm, het nog nooit die veiligheid van Buckingham-paleis verlaat nie. Maar nou gebeur daar vreemde dinge tussen die mure van die paleis – en Alfred se lewe gaan vir ewig verander. Snags dwaal daar iets gruweliks in die gange rond.

Wanneer Alfred se geliefde ma, die koningin, na die Londense Toring weggesleep word, moet die seun al sy moed bymekaar skraap om op ’n epiese avontuur te gaan sodat hy haar – en die hele wêreld – kan red. Reis vooruit in tyd en geniet hierdie fantastiese avontuur – ’n stories vol mites en legendes wat jou tot reg aan die boeiende einde vasgenael sal hou.

David Walliams het die kinderboekwêreld stormenderhand verower. Tans is hy die grootste Britse kinderboekouteur wat die afgelope dekade gedebuteer het. Sy boeke het sover meer as 25 miljoen eksemplare verkoop, en is sover in meer as 53 tale vertaal – Afrikaans ingesluit!

Mr Stink (Mnr Stink, 2016), The Boy in the Dress (wat in 2017 as Die seun in die rok by Protea verskyn), Gangsta Granny (Ouma is ’n kroek, 2015) en Billionaire Boy (Boudebiljoenêr, 2016) is aangepas vir Britse televisie. Ratburger (Rotburger, 2015) en Demon Dentist (Die tandeterroris, 2017) het albei die National Book Awards Children’s Book of the Year in Brittanje gewen. Dit is geen verrassing dat Walliams in dieselfde asem genoem word as sy held Roald Dahl nie.

Leave a Reply