Skip to main content

Die eerste keer toe ek van ‘n harige paddavis gehoor het, kon ek nie glo dat só ‘n vis bestaan nie. Boonop kan die vis, nes verkleurmannetjies, van kleur verander. Die vis se verandering neem ‘n paar weke, en gebeur nie op kort kennisgewing soos ons reptiel-vriende nie.

Hierdie lelike vis, wat algemeen in en om Indonesiese waters voor kom, is ‘n karnivoor en vreet enige gewerwelde diere wat sy/haar pad kruis.

Wetenskaplikes en bioloë beskou hierdie stekelrige ondier as een van die mees ingewikkelde, doeltreffendste voorbeelde van agressiewe nabootsing vanweë sy komplekse ‘lokgedrag’ om prooi te vang. Hulle lyk op ‘n druppel soos korale of sekere soorte alge.

Seksuele parasitisme is by hierdie visse gewaar. Dit beteken die klein mannetjies heg hulself aan die wyfies waar hulle uiteindelik as een saamsmelt. Op sý beurt verskaf die mannetjie heel tyd sperm sodat voorplanting ongestoord voortgaan.

Leave a Reply