Skip to main content

Die Turke is nie na dese net bekend vir hulle handgeverfde keramiekborde, Ottomaanse juweliersware, koffie, buikdansers of handgemaakte olyfolie-handseep nie.

’n Derbywedstryd tussen Goztepe en Altay in die Turkse tweede afdeling is Sondag afgelas nadat ’n ondersteuner op die veld gehardloop en die Altay-doelwagter Ozan Evrim Ozenc met ’n hoekpaal aangerand het.

Die wedstryd was halfpad deur die eerste helfte toe spel gestaak is om steurnisse op die pawiljoen die hoof te bied terwyl ondersteuners baklei het en fakkels na die Gursel Aksel-stadion in die stad Izmir gegooi het.

Met twee ambulanse reeds na die veld ontplooi en die spelers se aandag wat afgelei is, het ‘n Goztepe-aanhanger met ‘n hoekvlag op die veld aangestorm gekom.

Die ondersteuner het dit gebruik om die niksvermoedende Ozenc oor die kop te slaan en die paal het in stukke gebreek.

Die aanhanger wou nie ophou slaan nie en moes onder bedwang gebring word.

Die skeidsregter Emre Kargin het albei stelle spelers in die kleedkamers bymekaar geroep en later verklaar dat die wedstryd met ‘n gelykop telling van 0-0 opgeskort sal word.

Ozenc is hospitaal toe geneem en het ‘n sny van 4 cm in sy kop opgedoen as gevolg van die aanranding.

Leave a Reply

error: Content is protected !!